my Food Traffic Lights

Logo of my Food Traffic Lights

my Food Traffic Lights is die maklikste, maar terselfdetyd mees akkurate dieetprogram in gesondheid en fiksheid om jou gewig en liggaamsmassa-indeks te behou, op te tel of te verloor deur persoonlike voedingsaanbevelings te verskaf.

 

Voedingsfeite op kos- en drankpakkette is moeilik om te verstaan en is slegs volgens die voedingsaanbevelings vir die daaglikse dieet van 'n gemiddelde vrou met 'n daaglikse kalorie-vereiste van 2000 kcal uitgewerk.

 

my Food Traffic Lights is die maklikste dieet app om met slegs een blik op jou selfoon te kyk of die hoeveelheid kalorieë en voedingstowwe in ’n voedsel tipe of drank tipe voldoende is vir gesonde eetgewoontes en fiksheidvlakke.  

 

In teenstelling met ander dieetprogramme en webwerwe bied my Food Traffic Lights jou nie slegs gestandaardiseerde voedingsfeite en voedingsaanbevelings wat op pakkies voedsel en drank beskikbaar is, aan nie. Sulke voedingsaanbevelings stem nie ooreen met jou persoonlike daaglikse dieet nie. Almal het verskillende voedingsbehoeftes! 

 

Op grond van jou persoonlike inligting en baie komplekse formules, bereken my Food Traffic Lights uiters akkurate en persoonlike voeding aanbevelings vir jou uit. Die app wys jou met 'n verkeersligstelsel vir voedingstowwe (vet, versadigde vetsure, suiker & sout) en kalorieë in voedsel, watter voedselsoorte goed is vir jou persoonlike dieet en watter voedselsoorte jy eerder moet vermy.

 

Nou is die keuse van gesond eet en drink baie makliker vir jou.


Hoe om dit te gebruik in 3 stappe

Stap 1

Voeg jou persoonlike informasie by.

Stap 2

Ontvang jou persoonlike voedselverkeersligte.

Stap 3

Nou kan jy die voedingsfeite op kos en drank verpakking met jou persoonlike voedselverkeersligte vergelyk.